February

1 Februarie 2019.

DIEFSTAL VAN KABELS.
R17 het rapporteer dat kabels gesteel is in Booysens straat paal J46, 47 en 48. SAP was ontbied.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG.
R8 het die uitkyk gegee vir Toyota groen JNP 765 GP wat gesteel is in Fred Nicolsen straat.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG #2.
Wees asb op die uitkyk vir n VW Polo wit BRX 359 GP wat gesteel is.

2 Februarie 2019

DIEFSTAL VAN VOERTUIG.
Wees asb op die uitkyk vir n Toyota Conquest groen ND 746544. Die voertuig is gesteel in die Lyttelton omgewing.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG #2.
R8 het die uitkyk gegee vir n Toyota Fortuner wit DW 35 LV GP. Die voertuig is gesteel in die Silverton omgewing.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG #3.
Wees asb op die uitkyk vir n VW Polo grys FHB 516 GP. Die voertuig is laaste gesien in van der Hoff straat waar hy gesteel is.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG #4.
Gemeenskapslede het die uitkyk gegee vir n Ford Ranger wit DP 97 YP GP. Die voertuig is in die Montana omgewing gesteel.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG #5.
E5 het die uitkyk gegee vir n VW Polo wit XWK 431 GP. Die voertuig is gesteel voor n skool in Waverley.

3 Februarie 2019

DIEFSTAL UIT VOERTUIG.
Verskeie goedere is uit n voertuig gesteel in Pierneef straat. Geen verdagtes is gesien nie.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG.
Wees asb op die uitkyk vir n Toyota Hilux silver DH 68 JG GP. Die voertuig is gesteel in Zambesi rylaan by n sentrum.

POGING TOT DIEFSTAL.
R2, BR1 en R15 het bystand gegee by n perseel in Dunwoodie laan waar n verdagte gesien is toe hy n perseel betree. Die verdagte is vasgetrek met n fiets in sy besit.

4 Februarie 2019

ROOF.
Kilnerpark sekuriteit het inligting ontvang dat n dame geroof was in Stormvoel weg. Sy het geld getrek by n bank toe sy oorrompel was deur drie verdagtes. Volgens inligting het die verdagtes die dame in haar arm in gespuit met n onbekende vloeistof. SAP en mediese hulp is ontbied.

INBRAAK.
SAP het per radio rapporteer dat n inbraak besig is om plaas te vind by n huis in August straat. R8 en R7 het afgestaan by die perseel en terugvoer gegee dat die verdagte reeds gevlug het. Volgens die eienaar van die huis het die verdagte deur die dak toegang gekry.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG.
Wees asb op die uitkyk vir n Toyota RunX goud VDX 885 GP. Die voertuig was laaste gesien in Voortrekker weg.

5 Februarie 2019

POGING TOT ROOF.
Kilnerpark sekuriteit en SAP K9 het bystand gegee in Kilnerton weg waar ongeveer 6 verdagtes gepoog het om mense te roof. Die verdagtes was gewapen. Die verdagtes het tevoet gevlug.

INBRAAK.
A149 het rapporteer dat daar by sy motorhuis ingebreek is. Hy het opgemerk dat van sy gereedskap gesteel is. SAP is ontbied.

INBRAAK.
R3 het n inbraak in Storey straat rapporteer. Die verdagtes het die hekmotor oop gebreek asook die veiligheidshek en voordeur. SAP is ontbied.

POGING TOT INBRAAK.
R7, CR1 en SAP het reageer na n perseel in Kamferbos straat waar verdagtes gesien is. CR1 het terugvoer gegee dat die verdagtes by die agter deur gepoog het om toegang tot die huis te kry. Volgens n ooggetuie het twee verdagtes die toneel gevlug in n Grys Ford Ranger bakkie geen reg nommer is bekend nie.

UITKYK.
SAP het die uitkyk gegee vir n Wit VW Polo ZGD *** GP, die insittendes van die voertuig het n selfoon gesteel in 16de laan.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG.
Dakar het die uitkyk gegee vir n Wit Ford Lazer LJL 770 GP wat in Kilnerpark gesteel is. Wees asb op die uitkyk vir die voertuig.

6 Februarie 2019

POGING TOT INBRAAK.
R7 het die uitkyk gegee vir n wit Chev bakkie geen reg nommer is bekend nie. Volgens inligting het die insittendes gepoog om in te breek by n huis in Alice straat.

POGING TOT INBRAAK #2.
CR1, R3 en R17 het afgestaan by n perseel in Carter straat waar verdagtes gepoog het om in te breek. Volgens n ooggetuie het die verdagtes in n wit VW Polo/GTI gevlug.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG / GEVIND.
R8 het rapporteer dat n voertuig in Meyer straat gesteel is maar dat die voertuig terug gekry is in 15de laan. SAP was reeds op die toneel.

BESIGHEIDS ROOF.
Volgens n ooggetuie het ongeveer nege verdagtes n besigheid in Ben Swart straat binne gegaan en geroof. N Skoot is afgevuur maar niemand is raak geskiet nie. Die eienaar van die winkel is oor die kop geslaan en was deur ER24 behandel vir n kop wond. Die verdagtes het die toneel gevlug in n Wit Quantum reg nommer is onbekend.

8 Januarie 2019

POGING TOT KABEL DIEFSTAL.
A15 het rapporteer dat een verdagte gepoog het om kabels te steel in 20ste laan. Die verdagte het die kabels geknip by paal I35 en I36.

DIEFSTAL UIT VOERTUIG.
Volgens n dame wat woonagtig is in 26ste laan het n onbekende hoeveelheid verdagtes gedurende die nag by haar voertuig in gebreek. Haar skootrekenaar is gesteel.

DIEFSTAL UIT VOERTUIG #2.
N Gemeenskapslid woonagtig in 28ste laan het rapporteer dat sy verskeie goedere uit sy voertuig gesteel is.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG.
Wees asb op die uitkyk vir n Toyota Corolla wit SPY 785 GP. Die voertuig is gesteel in die Mayville omgewing.

ONGELUK.
R14 het bystand versoek op die hoek van 18de laan en Pierneef straat waar n botsing plaas gevind het. Life Line is ook ontbied.

9 Februarie 2019

BESIGHEIDS ROOF.
SAP het die uitkyk gegee vir n Nissan NP200 bakkie wit, agter op die bakkie het drie verdagtes gesit geklee in blou oorpakke. Die verdagtes het n besigheid in 18de laan binne gegaan en geroof van verskeie goedere. Volgens die eienaar van die winkel was al die verdagtes gewapen.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG.
Wees asb op die uitkyk vir n Toyota Yarris Silver WWZ 077 GP wat gesteel is.

INBRAAK. 
R3 het n inbraak rapporteer wat plaasgevind het in Garret straat. Die verdagtes het die veiligheidshek en die agterdeur oop gebreek. Volgens die eienaar van die huis word n Tv en skootrekenaar vermis.

10 Februarie 2019

INBRAAK.
BR1, R17 en R14 het bystand gegee by n huis in 17de laan waar n inbraak gerapporteer is. BR1 het die uitkyk gegee vir n VW Polo Goud waarin die verdagtes die toneel gevlug het. Die verdagtes het die voordeur oopgebreek en n Tv, skootrekenaar en sleutels gesteel.

ONGELUK.
Op die hoek van Pierneef straat en 34ste laan het die bestuurder van n voertuig beheer verloor en deur n muur gery. Life Line het afgestaan. Verskeie beseerings is opgedoen.

 

11 Februarie 2019

DIEFSTAL UIT VOERTUIG.
R9 en BR1 het bystand gegee in Rist laan omdat n skootrekenaar uit n voertuig gesteel is. Volgens n ooggetuie het die verdagtes met n Toyota Tazz langs die betrokke voertuig gestop. Geen reg nommer vir die Tazz is bekend nie.

KAPING.
Wees asb op die uitkyk vir n Mercedes wit CVH 201 L. Die voertuig is gekaap op die hoek van 13de laan en Frederika straat. Volgens die slagoffer was die verdagtes gewapen.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG.
Kilnerpark sekuriteit het die uitkyk ontvang vir n Toyota Hilux bakkie wit met n ZA plakker agterop. Die voertuig is gesteel op die hoek van Breyer laan en Slagtersnek.

 

12 Februarie 2019

DIEFSTAL VAN VOERTUIG.
Wees asb op die uitkyk vir n VW Polo Vivo grys SPN 791 GP. Die voertuig is gesteel in 24ste laan.

POGING TOT VOERTUIG DIEFSTAL.
SAP het die uitkyk gegee vir n VW Polo wit DC 20 X* GP. Volgens inligting het die insittendes van die voertuig gepoog om n voertuig te steel in die Brooklynne omgewing.

POGING TOT INBRAAK.
N Onbekende hoeveelheid verdagtes het gepoog om by n huis in 28ste laan in te breek. Die verdagtes het toegang tot die huis gekry deur n venster terwyl n bejaarde man tuis was. Dit is tans onbekend wat vermis word.

 

15 Februarie 2019

INBRAAK.
I60 het per radio n inbraak in Suikerbekkie straat rapporteer. R15 het afgestan en terugvoer gegee dat die veiliheidshek oopgebreek is. Volgens die eienaar van die huis is n skootrekenaar en telefone gesteel.

INBRAAK #2.
R15 het n inbraak rapporteer by n laerskool in die Moot, R14 en R17 het ook afgestaan om bystand te gee. Dit is tans nog onbekend wat vermis word.

UITKYK.
SAP het die uitkyk gegee vir n VW Polo TSI wit HM 73 ** GP. Volgens inligting het die insittendes van die voertuig gepoog om n ander voertuig te steel in Annie Botha rylaan.

DIEFSTAL AN VOERTUIG.
Wees asb op die uitkyk vir n Nissan X-Trail silver CB 93 LB GP. Die voertuig is laaste gesien in Ben Swart straat waar hy gesteel is.

 

16 Februarie 2019

GEWAPENDE ROOF.
N winkel eienaar by n sentrum in Rietfontein het dringend bystand versoek by sy besigheid. Hy het rapporteer dat die besigheid geroof word deur n onbekende hoeveelheid verdagtes. R18, R3, CR1 en SAP het afgestaan. Volgens inligting was die verdagtes gewapen met wat moontlik R5 wapens kon gewees het. Die verdagtes het die sentrum wagte aangehou ten tye van die voorval. Niemand is ernstig beseer nie.

INBRAAK.
Volgens inligting was daar gedurende die nag by n buite gebou van n besigheid in Anna Wilson straat ingebreek. CR1 het afgestaan en terugvoer gegee dat verskeie gereedskap gesteel is.

INBRAAK #2.
CR1 en R3 was ontbied na n besigheids perseel in Pierneef straat vir n klagte van inbraak. Die verdagtes het toegang tot die perseel deur die dak gekry. Verskeie goedere word vermis. SAP was ontbied.

17 Februarie 2019

INBRAAK.
Volgens inligting wat aan Kilnerpark sekuriteit deur gegee is, is daar by twee woonstelle ingebreek in 14de laan. Een verdagte is gesien geklee in n wit hemp met swart kolle op. Dit is onbekend wat vermis word. SAP is ontbied.

INBRAAK #2.
R15 het bystand gegee by n perseel in Pierneef straat waar verdagtes ingebreek het. N gemeenskapslid het volgens n ooggetuie die verdagte vasgetrek op die hoek van 20ste laan en Pierneef straat. SAP was ontbied.

DIEFSTAL VAN KABELS.
R18 het rapporteer dat kabels gesteel is in 14de laan by paal I37 en I39. R18 het twee verdagtes gesien maar het hulle verloor toe die verdagtes tevoet in die spruit in gehardloop het. Verwysings nommer 382/17.

18 Februarie 2019

KLAGTE.
CR1 het SAP versoek op die hoek van 18de laan en Pierneef straat omdat twee mans baklei het. Een van die persone het die ander gedreig met n mes. CR1 het die mes afgevat en aan SAP oorhandig.

ROOF.
Dakar het inligting deur gegee dat ongeveer vier verdagtes n OTM geroof het in Montana. Skote is afgevuur toe die verdagtes gevlug het in n Nissan Almera wit. Geen reg nommer is bekend nie. Kilnerpark sekuriteit dra nie kennis dat enige persone beseer is nie.

 

19 Februarie 2019

UITKYK.
MCS het die uitkyk gegee vir n Toyota Etios blou CB 67 *****. Volgens die uitkyk was die insittendes van die voertuig betrokke by n gewapende roof. Geen verdere inligting is beskikbaar nie.

POGING TOT VOERTUIG DIEFSTAL.
MT21 het die uitkyk gegee vir n VW Polo Vivo swart HP 06 H* GP. Volgens die uitkyk het die insittendes van die voertuig gepoog om n voertuig te steel by n sentrum in Gezina.

BESIGHEIDS INBRAAK.
N Onbekende hoeveelheid verdagtes het by n besigheid in Nico Smit straat ingebreek. Hulle het toegang tot die besigheid deur die dak gekry. Kontant is gesteel. SAP is ontbied.

DIERE VERGIFTIG.
N Dame wat woonagtig is in Roets straat het rapporteer dat haar honde gedurende die dag vergiftig is. Geen verdagtes is gesien nie.

 

21 Februarie 2019

INBRAAK.
BR1 en R6 het reageer op paniek seine vanaf n perseel in 10 de laan. Volgens die klient is plastiek stoele gesteel. BR1 het die gesteelde goedere in n veld gevind en aan die eienaar terug besorg.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG.
R16 het die uitkyk gegee vir n Ford Ranger wit FH 28 LZ GP. Die voertuig is gesteel voor n perseel in 23 ste laan. SAP is ontbied.

22 Februarie 2019

POGING TOT INBRAAK.
R12 en R18 is ontbied na n perseel in Collins laan waar n verdagte gepoog het om in te breek. Volgens die eienaar van die huis het die verdagte toegang deur n venster probeer kry. Die uitkyk vir die verdagte is aan die gemeenskap ook gegee.

POGING TOT INBRAAK #2.
R8 en Dakar het inligting deur gegee dat verdagtes gepoog het by n huis in Adele straat Montana. Die verdagtes het die toneel gevlug in n VW goud van kleur, die reg nommer is onbekend.

POGING TOT INBRAAK #3.
Inwoners van Montana het rapporteer dat n VW Jetta goud van kleur betrokke was by n poging tot inbraak by n ander huis ook. Die voertuig reg nommer is HN 47 ** GP. Wees asb op die uitkyk

POGING TOT KABEL DIEFSTAL.
R17 het rapporteer dat verdagtes gepoog het om kabels te steel op die hoek van Lawson laan en Trumper straat. Die kabels is geknip maar agter gelos. SAP is ontbied.

DIEFSTAL VAN HEKMOTOR.
Volgens n dame wat woonagtig is in Boegoebos straat, is haar buurvrou se hekmotor gedurende die nag gesteel. Geen verdagtes is gesien nie.

INBRAAK.
Kilnerpark sekuriteit het inligting ontvang van n inbraak wat plaasgevind het by n huis in Collins laan. Dit is onbekend wat vermis word.

ROOF.
C115 het rapporteer dat skool kinders geroof is in Nico Smit straat. Volgens die slagoffers het die verdagtes met n VW goud van kleur gery.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG.
Wees asb op die uitkyk vir n Ford Bantam bakkie FSD 959 GP. Die voertuig is voor n besigheid in Nico Smit straat gesteel. 
DIEFSTAL VAN VOERTUIG #2.
Wees asb op die uitkyk vir n Opel room kleur PWG 265 GP. Die voertuig is gesteel in Lanham straat.

 

23 Februarie 2019

DIEFSTAL VAN VOERTUIG.
Wees asb op die uitkyk vir n Toyota Fortuner silver CT 35 MF GP wat gesteel is.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG #2.
Wees asb op die uitkyk vir n Toyota Corolla silver YRB 092 GP wat gesteel is op die hoek van 11de laan en Hertzog straat. Volgens n ooggetuie het die verdagtes gevlug in n VW Polo TSI blou.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG #3.
Wees asb op die uitkyk vir n VW Polo wit BJ 33 VB GP. Die voertuig is gesteel op die hoek van 11de laan en Hertzog straat. Geen verdagtes is gesien nie.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG #4.
Wees asb op die uitkyk vir n Toyota Hilux silver DCL 334 L. Die voertuig is gesteel 11de laan en Hertzog straat.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG #5.
Wees asb op die uitkyk vir n Nissan NP200 wit NRB 68971. Die voertuig is in die Montana gebied gesteel.

DIEFSTAL VAN HEK MOTOR.
In 32ste laan is n hek motor gesteel gedurende die nag. Geen verdagtes is gesien nie.

INBRAAK.
Die inwoner van n huis in Telana straat het die uitkyk gegee vir een verdagte wat hy in sy huis betrap het. Die verdagte het gepoog om die Tv te steel. Volgens die inwoner het die verdagte te voet gevlug. SAP is ontbied.

 

24 Februarie 2019

DIEFSTAL.
R17 het bystand gegee by n besigheid in Lanham straat waar n klagte van diefstal gerapporteer is.
SAP is ontbied om die verdagte te arresteer.

DIEFSTAL VAN HEK MOTOR.
AR1 het rapporteer dat n hek motor gesteel is by n huis in Boegoebos straat. SAP is ook ontbied.

25 Februarie 2019

SPRINGERS.
Een verdagte is gesien toe hy oor die muur van n perseel in 28ste laan geklim het. Die verdagte het te voet deur verskeie erwe gevlug. Kilnerpark sekuriteit, Dakar, SAP en gemeenskap was opsoek na die verdagte.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG.
Wees asb op die uitkyk vir n Volvo YCB 376 GP wat gesteel is.

DIEFSTAL VAN VOERTUIG #2.
R15 het die uitkyk deur gegee vir n Ford Ranger Silver CD 78 ND GP wat gesteel was in die Montana gebied. Dakar het later terugvoer gegee dat die voertuig gevind is.

 

Designed By Apped