january
1 Januarie 2022
ROOF.
In Soutpansbergweg het n verdagte n persoon geroof van n telefoon. HR1 het rapporteer dat hy die verdagte sien en het bystand versoek. Die verdagte is vasgetrek in Laerskool Queenswood se gronde, die verdagte het n vuurwapen in sy besit gehad. Twee ander verdagtes is ook gearresteer wat verband hou met die voorval.
2 Januarie 2022
INBRAAK.
AR1 het n inbraak rapporteer by n besigheid in Kilnerton weg. N Onbekende hoeveelheid verdagtes het toegang tot die besigheid deur n venster gekry, die kluis is beskadig maar nie oopgebreek nie.
Geen verdagtes is gesien nie, SAP het ook afgestaan.
3 Januarie 2022
KLAGTE.
R2 het afgestaan by n hawelose man in Lammervanger straat wat krag kabels in sy besit gehad het. Die verdagte het erken dat hy die kabels gesteel het, SAP was ontbied.

.4 Januarie 2022

ARRESTASIE.
KPS reaksie was ontbied na Eloff straat waar n verdagte gesien was, een van die inwoners het ook rapporteer dat hy n skoot gehoor het. SAP het bystand gegee en die verdagte is vasgetrek, in sy besit was verskeie dwelms gevind.
5 Januarie 2022
DIEFSTAL.
Twee verdagtes het die wag van n besigheid in Cobham laan geroof van sy telefoon. Een verdagte het weggekom en een verdagte is gearresteer.